Robbie Williams tree nie meer in Johannesburg op nie, maar wel in Pretoria

Robbie Williams se optrede wat geskeduleer was vir 18 Januarie by die FNB-stadion in Johannesburg, sal nou met twee konserte op Saterdag, 25 en Sondag, 26 Januarie by die SunBet Arena in Pretoria vervang word. Sy Kaapse optrede op 22 Januarie by die DHL-stadion in Groenpunt sal egter voortgaan. “Weens dagboekkonflikte met Robbie Williams se verbintenisse met die Better Man- fliekpromosie in die VSA, kan hy ongelukkig nie op 18 Januarie in Johannesburg wees nie.

Diegene wat kaartjies vir 18 Januarie se vertoning gekoop het, sal volgens Big Concerts binne tien dae terugbetaal word en sal op 24 Oktober die kans hê om vooraf kaartjies vir een van die twee nuwe konserte te koop.