Staatseffekte daal, GRN-skuld groei

Simonis Storm se jongste vaste-inkomste-verslag gee ‘n omvattende ontleding van die vaste-inkomsteruimte in Amerika, Suid-Afrika en Namibië. Sedert die begin van die jaar het die opbrengskoerse van Namibiese staatseffekte aansienlik gedaal. Opbrengste tussen Januarie en September het gemiddeld met 79 basispunte verminder. Die Monetêre Beleidskomitee sal twee keer in die vierde kwartaal vergader om potensiële rentekoersaanpassings te evalueer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, wat ‘n oorsig deel.