Uitslae in Mosambiek-stemmery eers oor 2 weke bekend
Stemme word tans in Mosambiek getel na ‘n verkiesings wat na verwagting nog ‘n oorwinning sal lewer vir die regerende Frelimo-party, wat sedert 1975 aan bewind is. Frelimo word daarvan beskuldig dat hy voorheen verkiesingsbedrog gepleeg het maar die party ontken die bewerings. Volgens wat berig word sal uitslae tot twee weke neem. Die gunsteling onder vier kandidate wat meeding om president Filipe Nyusi te vervang is die 47-jarige Daniel Chapo.