Auschwitz-oorlewende sterf op 100 jaar

Een van die laaste oorlewendes van die konsentrasiekamp by Auschwitz-Birkenau, die 100-jarige Lily Ebert, is in Londen oorlede. Sy was 20 jaar oud toe sy uit haar tuisdorp in Hongarye na die konsentrasiekamp gedeporteer is. Haar agterkleinseun, Dov Forman, sê Ebert se ma, jonger suster en broer is in die gaskamers dood en sy het belowe om haar storie te vertel. Forman het ‘n topverkoper saam met sy oumagrootjie geskryf, getiteld Lily’s Promise. Sy is in Januarie 2023 met ‘n MBE vereer vir haar dienste aan opvoeding oor die Joodse volksmoord.