Spanje vra vervroeging van nuwe migrantewet
Die Spaanse eerste minister, Pedro Sanchez, wil hê die nuwe EU-reëls oor die onreëlmatige aankoms van asielsoekers en migrante moet volgende jaar in werking tree, ‘n jaar vroeër as wat beplan is. Spanje kan nie byhou met die stroom migrante wat aankom nie en hy wil nes Hongarye en Nederland ʼn agterdeur oophou om weg te breek van die blok se reëls vir asielsoekers. Die nuwe EU-reëls, wat in 2026 in werking tree, sal gasheer-verpligtinge oor die blok van 27 lande versprei en die deportasie van ongewenstes bespoedig.