China se 14 wilde olifante weer op pad huis toe

Ná 17 maande se rondtoer is die 14 wilde olifante van China weer op pad huis toe. Hul epiese tog oor 500 kilometer gestrek, een miljoen Amerikaanse dollar se skade, veral aan pynappelplantasies meegebring en het 410 noodpersoneel en agt voltydse olifantwagters behels.