Selfmoord onder die loep op Wêreld Geestesgesondheidsdag

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie pleeg sowat 700 000 mense elke jaar selfmoord en dit is die derde grootste oorsaak van dood wêreldwyd onder 18- tot 29-jariges. Namibië teken ‘n selfmoord per dag aan. Ter herdenking van Wêreld Geestesgesondheidsdag het verskeie sielkundiges gesê die stigma aan selfmoord moet aangespreek word. Iani de Kock van Being Well Psychology verduidelik wat lede van die publiek kan doen wanneer vriende of familie selfmoordgedagtes opper.