Milton: Vloede reeds in Tampa aangemeld
Amerika se nasionale orkaansentrum sê Orkaan Milton het die land naby Siesta Key in Florida bereik as ʼn gevaarlike kategorie drie-storm. Die orkaan het windsterktes van meer as 190 kilometer per uur en vloedwaters is reeds in Tampa aangemeld. Milton is die vyfde orkaan wat Amerika vanjaar tref. Die sentrum sê die storm sal na verwagting aansienlik afneem wanneer dit oor land beweeg, maar daar is tans waarskuwings uit vir lewensgevaarlike storm-stuwings, wind en oorstromings. President Joe Biden sê dis te laat om te ontruim:
\