Capricorn Stigting steun Women at Work-program

Die Capricorn Stigting het sy verbintenis tot werkskepping en ekonomiese ontwikkeling herbevestig deur sy vennootskap met die Women at Work opleidingsentrum uit te brei. Die stigting het 350 000 Namibiese dollar geskenk om opleiding in basiese gasvryheidsvaardighede te ondersteun. Die sentrum verskaf praktiese beroeps- en lewensvaardigheidsopleiding aan individue, veral gemarginaliseerde vroue, wat nie formele opleiding het nie. Dertien studente het onlangs die program voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veripura Muukua, die Capricorn Stigting se koördineerder, wat uitbrei.