Action SA se Nasiphi Moya nuwe Tshwane burgemeester

Nasiphi Moya van ActionSA is verkies tot nuwe burgemeester van Tshwane. Sy het 122 stemme behaal en die voormalige burgemeester, Cilliers Brink van die DA, 86. Moya, voorheen die onderburgemeester, is deur die ANC en ander politieke partye gesteun nadat Brink vroeër met ‘n mosie van wantroue verwyder is. Moya is amptelik ingehuldig as burgemeester nadat sy die ampseed afgelê het. Sy sê sy gaan diensleweringshervormings in die stad lei wat die ANC amptelik sal onderskryf.