Zim-boere kry oordraagbare verblyfreg op plase

Die 99-jaar huurkontrakte van swart boere in Zimbabwe wat meer as 20 jaar gelede grond deur beslagleggings verkry het, word in oordraagbare verblyfreg omgeskakel. Die minister van Inligting, Jenfan Muswere, het aangekondig die nuwe verblyfregdokument bied verbeterde sekerheid aan begunstigdes van die grondhervormingsprogram. Die inisiatief stel hulle in staat om hul eiendom te verkoop, wat hulle voorheen nie kon doen nie. Die grond kan ook as waarborg aangebied word. Muswere beplan ook om beleggings in landbou en verwante sektore te lok.