Dit gaan effe beter met NWR se Ngwangwama

Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, is op 19 Junie vanjaar gewelddadig by Auasblick aangeval en is die nag daar gelaat, met erge koue wat voorgekom het, sowel as ernstige beserings. Kosmos 94.1 Nuus het met die NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gepraat oor die jongste in verband met sy gesondheid nadat hy baie lank in die hospitaal was.