MI5 sê Rusland en Iran is doenig in Brittanje

Rusland en Iran is besig om pogings te verskerp om sluipmoorde en sabotasie in die Verenigde Koninkryk te pleeg. Dit is volgens Ken McCallum, hoof van die Britse binnelandse veiligheidsdiens, MI5. Hy sê sedert Maart 2017 het die agentskap 43 komplotte vir terreuraanvalle gefnuik, met organiseerders se planne vir massaslagting wat dikwels byna klaar beplan was. ISIS en Al-Kaïda hou ʼn hernude bedreiging vir die land in. McCallum sê jongmense word toenemend ingetrek by aanlyn ekstremisme: