Nobelpryswenner ongelukkig met sy uitvinding

Een van die twee wetenskaplikes wat vanjaar se Nobelprys vir Fisika gewen het, sê hy is soms spyt oor sy lewenswerk oor kunsmatige intelligensie. Die Kanadees John Hinton en die Amerikaner John Hopfield is vereer omdat hulle die grondslag vir K-I gelê het, maar Hinton het verlede jaar gewaarsku dit kan die einde van die mensdom beteken. Hy het daarna uit Google bedank en verduidelik dis moeilik om te verhoed dat slegte mense K-I vir slegte dinge gebruik. Die twee deel die prysgeld van meer as 19,2 miljoen Namibiese dollar.