Amupanda gesels oor sy manifes

Verskeie politieke partye het reeds hul manifeste vrygestel en die Affirmative Repositioning-beweging sal binnekort volg. Kosmos 94.1 Nuus het met AR-president professor Job Amupanda gesels, wat sê dat hulle volgende week hul standpunt oor verskeie kwessies sal bekend maak. Volgens Amupanda sal die manifes sleutelkwessies en die oplossings daarvoor bevat, anders as dié van ander partye.