Tugstappe teen Thabo Bester ‘amptenare’ stel teleur

Die DA kritiseer die ontoereikende optrede teen amptenare wat die aanmelding van Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum in die Vrystaat vertraag het. Volgens die party is hierdie amptenare bloot hertoegewys met  ʼn finale waarskuwing, wat volgens hulle onvanpas is vir sulke growwe nalatigheid. Woordvoerder Janho Engelbrecht versoek die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, om hierdie gebrek aan aanspreeklikheid te verduidelik, en voeg by dit ondermyn openbare vertroue in die regstelsel en bou voort op ‘n kultuur van straffeloosheid binne die departement.