Gryslys: Namibië vorder goed 

Die Finansiële Stelsel Stabiliteitskomitee sê hoewel Namibië se finansiële stelsel oor die algemeen stabiel is, bly die risiko’s wat deur klimaatsverandering, kuberveiligheid en die Finansiële Aksietaakmag se gryslys inhou, beduidend. Volgens die sentrale bank se goewerneur Johannes !Gawaxab, is daar vordering met stappe om van die gryslys af te kom. Hy sê die potensiële risiko’s wat uit die gryslys spruit, het ietwat verbeter. Maar hy voeg by dat ander sleutelrisiko’s vir die finansiële stelsel klimaatsverandering en kuberveiligheid insluit.