Renosters land net na nege in Texas 

Die Air Atlanta Boeing 747 wat deur Network Aviation gehuur is om 40 Namibiese witrenosters na Texas te vervoer na die diere verkoop is, sal rondom half-tien vanoggend by die Dallas Fort Worth-lughawe land. Die vlug het net na agt-uur Dinsdagaand vanaf Kaap Verde vir die finale been van die reis vertrek. Die renosters gaan na drie nuwe eienaars in Texas, en is verkry van Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp. Texas is baie soortgelyk aan sentraal Namibië, en word beskou as uiters geskik vir die hervestiging van Namibiese diere.