Solidariteit het alternatief vir NVG
Die Solidariteit-navorsingsinstituut stel ʼn nuwe gesondheidsorgstelsel voor om druk op die sukkelende openbare sektor te verlig en om toegang tot private sorg te verbeter. Met die debat wat voortduur oor die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering wat president Cyril Ramaphosa in Mei bekragtig het, sal Solidariteit se voorstel laer maandelikse uitgawes en beter mediese sorg bied. Woordvoerder Theuns du Buisson waarsku die NVG kan die staat bankrot maak weens swak beplanning: