Bibi sê Safieddine is dood in Libanon 

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Israelse magte het die moontlike opvolger van die ontslape Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, doodgemaak. Hashem Safieddine is minder as twee weke gelede in ʼn aanval in Beiroet, Libanon, dood. Die Libanese gesondheidsministerie sê 36 mense is die afgelope 24 uur in Israelse aanvalle dood. Netanyahu het die mense van Libanon gewaarsku hulle staar verwoesting en lyding soos die Palestyne in Gaza in die gesig as hulle nie van Hezbollah ontslae raak nie: