Nampol vra publiek om oorskot van geliefdes by lykshuise te haal 

Vroeër die jaar het plaaslike media berig oor onopgeëiste liggame in lykshuise regoor die land. In Junie alleen was daar altesaam 85 onopgeëiste lyke in die Ohangwena-, Oshana- en Oshikoto-streke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, wat beklemtoon dat die onopgeëiste liggame die staat onder groot druk plaas. Shikwambi het ‘n opdatering van die situasie gegee.