#BeFree vies vir verregse Nakathingo

Die #BeFree-beweging het hom ten sterkste uitgespreek teen die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages Committee se voorsitter, Pendapala Nakathingo se petisie wat Dinsdag oorhandig is. Die beweging sê dit is nie die eerste keer dat valshede oor hom versprei word deur Nakathingo nie. Die beweging is ‘n transformerende platform vir adolessente en jongmense wat gesentreer is op drie pilare: Seuns, dogters en intergenerasie-dialoë. Hierdie inisiatiewe bied ‘n platform vir inklusiewe dialoog, terwyl jongmense verbind word met dienste wat hulle bemagtig. Dit sluit dwelmmisbruik, gesinskonflik, adolessente ouerskap, gebrek aan finansies en meer.