Ray McCauley sterf, hy was 75
Die Rhema Bybelkerk se stigter, pastoor Ray McCauley, is op 75-jarige ouderdom dood. Hy het in 2022 afgetree en die senior pastoor-posisie aan sy seun en dié se vrou, Joshua en Tara McCauley, oorhandig. Joshua sê in ʼn verklaring sy pa se nalatenskap as dienaar-leier sal lank na sy leeftyd nog ʼn uitwerking op gemeenskappe hê.