ATM ondersteun GNU-klagte teen Israel

Die African Transformation Movement sê hy onderskryf die regering se besluit om aan die einde van die maand ‘n klagskrif by die Internasionale Geregshof in te dien oor sy volksmoordsaak teen Israel. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering beoog om feite en bewyse te verskaf om te aan te toon dat Israel volksmoord pleeg in Palestina. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die regsoptrede is ‘n deurslaggewende stap in die strewe na geregtigheid en aanspreeklikheid.