SA gaan volksmoord-klagskrif teen Israel indien

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika sal die einde van die maand sy klagskrif oor volksmoord teen Israel by die Internasionale Hof van Justisie indien. Die regering sê hy wil feite en bewyse indien dat Israel volksmoord pleeg in Palestina. Die minister het die Verenigde Nasies se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, gister in Pretoria ontvang. Lamola sê ʼn permanente skietstilstand is in die Midde-Ooste nodig.