Bok-vleuel Arendse kies koers na Japan

Rugby: Ster-vleuel van die Springbokke, Kurt-Lee Arendse, is op pad na die ooste. Hy word die jongste toetsspeler om by die Japanese Rugbyliga aan te sluit nadat hy ʼn kontrak gesluit het met die Sagamihara Dynaboars. Die 28-jarige neem sabbatsverlof by die Bulle. Arendse glo die harde Japanese velde asook die vinnige pas en rondgooi van die bal is nommerpas vir sy spel. Die Boland-gebore spoedvraat het 41 keer vir die Blitsbokke gespeel voor sy Springbok-buiging in 2022. Hy het tot dusver 85 punte in 19 toetse aangeteken.