Miljoene in nalatigheidseise in Gauteng

Mediese nalatigheidseise wat die Gautengse Departement van Gesondheid uitbetaal het, het die afgelope jaar met 36-persent toegeneem en tot 696-miljoen-rand in 2023-/2024 gestyg, van 512-miljoen-rand die vorige jaar. Dit is volgens syfers wat die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi aan die Parlement verskaf het. Die minister sê die provinsie se gesondheidsdienste is geraak deur korrupsieskandale. Mediese regseise is landwyd steeds hoog, met 4,12-miljard-rand wat die afgelope drie jaar uitbetaal is. KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap het die hoogste aantal eise aangeteken.