Ministerie sleep sy voete met stadion-opknapping

Die sportministerie is steeds besig met nog ‘n ronde van konsultasies vir die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad. Die kontrakteur moes reeds in April vanjaar met werk begin het. Die Tender Bulletin berig dat die opknapping eers 200 miljoen Namibiese dollar sou kos maar die kostes is opgestoot na ‘n miljard dollar. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Erastus Haitangela het destyds gesê hy hoop ‘n konsultant sal in Augustus aangestel word. Die lynminister Agnes Tjongarero het in die parlement gesê sy het niks verkeerd gedoen nie.

Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala, woordvoerder van die Affirmative Repositioning-beweging gepraat. Hy sê daar is fout met die stelsel.