Swapo-saak daag nie NNN se benoeming uit nie – Metcalfe

In die voortslepende regsdispuut waarin Reinhold Shipwikineni en vier ander Swapo-lede daarop aandring dat die party ‘n buitengewone kongres byeenroep om ‘n leier te verkies, het prokureur Richard Metcalfe bewerings weerlê dat sy kliënte Netumbo Nandi-Ndaitwah se benoeming as Swapo se presidensiële kandidaat uitdaag. Metcalfe sê die regsaksie fokus daarop om nakoming van die Swapo Party Grondwet te verseker, wat volgens hom deur opportunistiese elemente binne die party geskend is. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat meer inligting gee.

Metcalfe verdoem persoonlike aanvalle op sy kliënt, Shipwikineni.