Milton versterk teen skrikwekkende tempo

Orkaan Milton, wat Sondag van ʼn tropiese storm tot ʼn orkaan versterk het, sal die VSA na verwagting Woensdag bereik. Die weerstelsel sal die Tampa Bay-gebied eerste bereik en vandaar na Orlando oorbeweeg. Die noodbestuursafdeling van Florida waarsku inwoners om vir die grootste ontruiming sedert Orkaan Irma in 2017 voor te berei. Meer as 200 mense is dood toe Orkaan Helene die suidooste van Amerika, insluitend gedeeltes van Florida, tien dae terug getref het. Voorspellers verwag sommige gebiede kan weer deurloop en die skade van Helene vererger.  Volgens ‘n CNN-meteoroloog is Milton nou die derde-vinnigste-versterkende storm op rekord in die Atlantiese Oseaan.