Nog ‘n massaskietery in Oos-Kaap, 6 sterf in Qumbu

Die Oos-Kaapse polisie is besig met ‘n soektog ná ‘n moord Sondagaand op ses mense in Godini naby Qumbu. Vier mense is gewond. Die slagoffers was volgens berigte lede van die gemeenskapspolisieforum. Die tragedie volg net meer as ‘n week nadat 18 mense in Lusikisiki afgemaai is. Polisiewoordvoerder Majola Nkhohli sê die motief vir die jongste voorval is nog duister.