Te veel burgerlikes het te veel gely na 7 Oktober: Biden

Die Withuis het ‘n verklaring van die Amerikaanse president, Joe Biden, vrygestel op die herdenking van die Hamas-geleide 7 Oktober-aanvalle op suidelike Israel. Biden sê hy glo dat die geskiedenis ook 7 Oktober sal onthou as ‘n donker dag vir die Palestynse volk, as gevolg van die konflik wat Hamas daardie dag ontketen het. Hy sê veels te veel burgerlikes het heeltemal te veel gely in die jaar van konflik. Hy voeg by Amerika sal nie ophou werk om ‘n wapenstilstandsooreenkoms in Gaza te bereik wat die oorlog beëindig nie. Israeli’s sowel as Palestyne verdien om in veiligheid, waardigheid en vrede te lewe, sê Biden.