Wanvoeding in Hardap-, Karas-streke onder die loep

Die parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Gesinsaangeleenthede het begin met konsultasievergaderings in die Hardap- en Karas-streke oor die plaaslike wanvoedingstatus. Die weeklange konsultasie-toer sal na die distrikshospitale en klinieke wees. Vertroudmakingsbesoeke sal ook aan staatshospitale gebring word. Die vergaderings het vandag met die goewerneur van die Karas-streek begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die parlement, wat meer inligting gee.