Franse vies oor Mbappe nie vir land speel, maar vir klub

Sokker: Franse ondersteuners is ongelukkig met kaptein Kylian Mbappé omdat hy nasionale diens misloop hoewel hy steeds beskikbaar is vir sy Spaanse klub, Real Madrid. Die voorspeler loop Donderdag se Nasiesliga-wedstryd teen Israel in Boedapest mis asook volgende Maandag s’n met België in Brussel. Afrigter Didier Deschamps het Mbappé uit die groep weggelaat omdat hy nie wedstrydfiks is na ʼn besering nie, maar hy het tog Saterdag in Real se La Liga-wedstryd teen Villiareal begin. Volgens die voormalige Franse nasionale speler, Maxime Bossis, is die situasie duister.