Nuwe webwerf gee inligting oor beurse

Die Namibië Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, NIPDB, het ‘n platform ontwikkel waar leerders en studente toegang tot inligting oor beurse kan kry. Die webwerf is ‘n samestelling van inligting met advertensies van ‘n verskeidenheid maatskappye. Leerders en studente kan die lyste op studyopportunities.nipdb.com kry. Die inisiatief het ten doel om toegang tot hierdie belangrike inligting oor geleenthede vir die jeug beskikbaar te vergemaklik. Johan Steenkamp, ​​die raad se waarnemende bedryfshoof, gee meer inligting.