LeBron en Bronny James maak NBA-geskiedenis

Basketbal: LeBron en Bronny James het NBA-geskiedenis gemaak deur die eerste pa-en-seun-duo in die geskiedenis te word wat in dieselfde span speel tydens die voorseisoense wedstryd van die Los Angeles Lakers teen die Phoenix Suns. ʼn Pa en seun het nog nooit vantevore saam in enige soort NBA-wedstryd gespeel nie. Die Lakers het Bronny in Junie by die Universiteit van Suid-Kalifornië gewerf. LeBron hou die rekord van alle tye as puntemaker in die NBA en is ʼn viermalige NBA-wenner. Die 39-jarige speel in sy 22ste seisoen in die NBA.