Groot kommer oor koperkabeldiefstal

Koperkabeldiefstal word ‘n ernstige probleem in Namibië, en ontwrig noodsaaklike dienste soos telekommunikasie, elektrisiteit en watervoorsiening. Die misdaad belemmer nie net dienslewering nie, maar stel ook aansienlike ekonomiese uitdagings, want ook besighede ly daaronder. Met toenemende werkloosheid en armoede, sal die probleem na verwagting vererger, veral in die hoofstad, waar kabeldiefstal ‘n groot probleem is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Telecom-woordvoerder, Nomvula Kambinda, wat die publiek vra om betrokke te raak.