Al 14 van die Kaap se provinsiale departemente ontvang skoon oudits

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies, Deidré Baartman, het aangekondig al 14 provinsiale departemente en elf entiteite het vir die 2023/24 boekjaar ongekwalifiseerde oudits gekry. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar van sterk finansiële bestuur. Baartman loof die provinsiale regering se toewyding aan finansiële dissipline en beklemtoon verantwoordelike besteding verseker beter dienslewering: