ECN kanselleer stembrief-tender

Die Namibiese Verkiesingskommissie dat die oop internasionale bodproses vir stembriewe wat op 10 September geopen het, gekanselleer is. Die kommissie sê na oorweging van verskeie faktore wat die tydige aflewering van die stembriewe kan raak was die besluit genoodsaak. Die kommissie het alternatiewe verkrygingsmetodes oorweeg. Die kommissie sê alle verteenwoordigers van alle geregistreerde politieke sal die produksie, drukwerk, binding van stembriewe waarneem, en die kommissie sal die kostes daarvan dra.