DA sê Mkhwebane is ‘n rassis

Die DA het Busisiwe Mkhwebane verwys na die parlementêre etiekkomitee vir die beweerde skending van die Etiekkode vir Lede. Die hoofsweep van die DA George Michalakis verwys na ‘n sosiale media-plasing deur Mkhwebane op X, wat mense van Indiese afkoms en parlementêre personeel beskuldig van rassisme en wangedrag. Michalakis beweer haar opmerkings ondermyn die publiek se vertroue in die Parlement. Die party sal ‘n beëdigde verklaring indien met ‘n versoek vir ‘n ondersoek en moontlike sanksies teen Mkhwebane.