Vergoeding van US$20m vir Zim-boere sal ‘niks verander nie’

Reaksie word ontvang op die Zimbabwiese regering wat vandeesmaand ‘n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere sal betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van ‘n reeks maatreëls om die land se eens florerende boerderysektor te herstel. Die voormalige president van die land se kommersiële boere-unie Deon Theron sê dit sal niks verander nie.