Omadhiya-meer is dolleeg

Die Omadhiya-meer in die Oshikoto-streek is droog en water van die Cuvelai-stelsel het heel opgedroog. Die gebied maak staat op water van die oshanas en is uiters belangrik vir veeboere in die gebied. Oshikoto se waterterkorte is ‘n geruime tyd in die nuus en plaaslike besigheidseienaars en boere is uiters gefrusteerd. Kosmos 94.1 Nuus het met Ileni Nandjato, ‘n kleinskaalse boer in die gebied gesels.