14de dwelmmuil by OR Tambo aangekeer

ʼn Drie-en-veertigjarige dwelmmuil van Paraguay is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer. Die man is die derde wat die afgelope week by die lughawe vasgetrek word nadat die polisie twee Nederlandse reisigers met 80 kilogram Khat betrap het. ʼn Polisie-woordvoerder, Amanda van Wyk, sê dit bring die totale getal vermeende dwelmmuile wat die afgelope tyd by die lughawe aangekeer is, op 14 te staan: