Mbumba se besoek aan Duitsland kom op goeie tyd

President Nangolo Mbumba en sy Duitse eweknie, dr. Frank-Walter Steinmeier, sal amptelike samesprekings hou om betrekkinge tussen Namibië en Duitsland te bespreek. Luidens ‘n verklaring sal hy in sy hoedanigheid as die mede-fasiliteerder van die Beraad van die Toekoms die konferensie gebruik om druk vir die hervorming van internasionale finansiële instellings te plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom gesels oor presies wat dit sou behels.