Daar was geen skietstilstand-ooreenkoms nie – Israel

Israel se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Tzipi Hotovely, ontken Libanon se bewering dat die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, voor sy sluipmoord ʼn skietstilstand-ooreenkoms aanvaar het. Israel en Hezbollah se oorgrens-aanvalle duur intussen voort. Amerika se president Joe Biden en ander bondgenote het verlede week in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering ʼn tydelike skietstilstand van 21 dae gevra. Hotovely het aan die BBC gesê Israel wou nie ʼn oorlog met Gaza of Libanon hê nie: