Drie verkragtings oor die naweek, jongste verdagte is 15

Die misdaadverslag het drie gevalle van verkragting oor die naweek aangemeld. In een geval, op Tallismanus, is ‘n geestesgestremde vrou van 50 deur ‘n man verkrag. Hy is gevind waar hy langs haar slaap na die voorval. Hy is bekend aan die polisie maar is soek na hy gevlug het. Op Ovitoto het ‘n man van 18 sy 22-jarige niggie verkrag en op Bunya in die Kavango Wes-streek, het ‘n seun van 15 ‘n kind van 12 verkrag. In al die gevalle duur die ondersoeke voort.