Lusikisiki: Drie gearresteer

Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het bevestig drie mense is in hegtenis geneem in verband met die Lusikisiki-slagting in die Oos-Kaap verlede Saterdag. Die trio word beskryf as persone van belang. Onbekende gewapende mans het agtien mense, insluitend 15 vroue, in twee afsonderlike huise vermoor. ’n Twee maande oue seuntjie was die enigste oorlewende. Mchunu het gister ná ’n gedenkdiens vir die slagoffers aan die media gesê die drie sal vandag in die hof verskyn: