Noodtoestand in Florida – Milton op pad

ʼn Noodtoestand is in dele van Florida afgekondig terwyl die tropiese storm Milton tot ʼn kategorie een-orkaan versterk het. Milton behoort teen die middel van die week Florida te bereik. Dit volg dae nadat Orkaan Helene in verskeie state soos Florida, Georgia en Noord-Carolina verwoesting gesaai en minstens 225 lewens geëis het. Florida se goewerneur, Ron DeSantis, sê hy het alle rampbestuursentrums opdrag gegee om oop te bly terwyl die staat die puin opruim ná Orkaan Helene: