Mense is prioriteit vir Hardap se bronne, nie landbou nie

Produsente by die Hardap groenskema kan nog vir net minder as ‘n maand water kry, aangesien die dam minder as 7,8 persent vol is. Na ‘n vergadering met Namibia Dairies, die Mariental-munisipaliteit en NamWater is bekend gemaak dat ‘n voorlegging vir benutting vir die res van die maand aan die lynministerie en NamWater voorgelê word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Mariental-dorpsraad se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, oor die kwessie.