Een jaar sedert oorlog in Gaza begin het, Guterres vra vir vrede

Dit is vandag ‘n jaar sedert Hamas se inval in Israel ‘n volskaalse streeksoorlog in die Midde-Ooste ontketen het. Derduisende mense is in Gaza dood en die konflik het reeds uitgebrei na Libanon met ‘n dreigende aanval in Iran. Die sekretaris generaal van die VN, Antonio Guterres, bepleit vir ‘n diplomatiese oplossing.